Om Divan Louw aantreklik
te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog of Antarktika is koud – dis wáár,
maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie.
Dit sê byvoorbeeld niks van sy vierkantige ken wat hom soos ’n
model in ’n parfuumadvertensie laat lyk nie.
Dit sê ook niks oor die kleur van sy oë nie – geheimgroen,
seepsteengroen, stoutgroen.
En dit sê geheel en al niks van sy blonde hare wat parmantig
orent staan en sy bruingebrande maagspiere nie ...
Ek
ken sy tipe: Sulke ouens dink gewoonlik hulle is die beste ding sedert die
iPhone uitgevind is – en meeste van die tyd het hulle die IK en persoonlikheid
van ’n brood.
Beslis
nie my koppie rooibos nie.
Maar
dalk kan ek hom gebruik om ’n paar probleme op te los ...
Een van jou (oom se?) Beste boeke nog!
ReplyDelete:-) Baie dankie, Casha-Mae!
ReplyDelete