Wanneer ek verdwyn
(c) Jaco Jacobs
Soms is
ek ’n mal wetenskaplike
wat
monsters lewend maak;
soms
moet ek soos Frodo
gaan
veg teen ’n wrede draak.
Ander
kere weer vlieg ek
saam
met Peter na Nimmerland;
of as
ek weer sien is, ek saam met Crusoe
op ’n
mensvretereiland gestrand.
Jy kan
my soms Van Helsdinges noem,
want ek
staan my man teen vampiere,
en soms
maak ek ’n draai in Toad Hall
saam
met Mol en die ander diere.
Partykeer
kuier ek by Heidi
en eet van
Oupa se bokmelkkaas;
of
drink tee saam met Alice,
’n
hoedemaker, ’n muis en ’n haas.
Soms
roep my ma tevergeefs,
en bekommerd
moet sy dan na my soek –
want ek
verdwyn gereeld
tussen
die blaaie van ’n storieboek.
No comments:
Post a Comment