Monday, January 24, 2011

'n Kas vol monsters



Twee nuwe boeke in die Kas vol Monsters-reeks is binnekort beskikbaar. En ek wil net weer my hoed afhaal vir Chris Venter - sy illustrasies werk UITSTEKEND vir hierdie reeks. Dis regtig groot pret om hierdie stories te skryf - maar selfs groter pret om Chris se illustrasies die eerste keer te sien!
In Weerwolfprobleme is Flaffie die weerwolf skielik so knorrig dat die ander monsters sukkel om met hom huis te hou. Denver en Meyer probeer uitvind wat skort. 
En in Hollywood-mummie droom Toets van 'n loopbaan as silwerdoek-ster - maar dis glad nie so maklik om 'n Hollywood-aktrise te word as jy 'n mummie is nie.
Die eerste twee titels, Die groen hand en Vampierfoto's, is reeds op die rakke.

Sunday, January 2, 2011

2011


Dis al 'n bietjie laat, maar hiermee nogtans my beste wense vir 'n voorspoedige nuwe jaar! Ná 'n salige drie weke van niksdoen is ek en Elize terug in 'n sopnat Bloem. Ons was selfs gelukkig genoeg om reën in die Karoo te beleef - waar dit vrek droog was. 

Om 2011 af te skop, hier is skakels na:
* onderhoude wat ek met drie jong kinderboekillustreerders (Sebastien Quevauvilliers, Maja Sereda en Chris Venter) gevoer het:
http://www.storiewerf.co.za/onderhoude/oh_sebastien_quevauvilliers.htm
http://www.storiewerf.co.za/onderhoude/oh_majasereda.htm
http://www.storiewerf.co.za/onderhoude/oh_chrisventer.htm
* 'n resensie van die bundel Skreeu, waarin twee van my stories verskyn:
http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Laat-jonges-hierna-terugskreeu-20101229
* en 'n (tong in die kies) rubriek oor my nuwejaarsvoornemens: 
http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/Rubriek-Die-jaar-toe-ek-gras-geplant-het-20101229