Monday, January 24, 2011

'n Kas vol monsters



Twee nuwe boeke in die Kas vol Monsters-reeks is binnekort beskikbaar. En ek wil net weer my hoed afhaal vir Chris Venter - sy illustrasies werk UITSTEKEND vir hierdie reeks. Dis regtig groot pret om hierdie stories te skryf - maar selfs groter pret om Chris se illustrasies die eerste keer te sien!
In Weerwolfprobleme is Flaffie die weerwolf skielik so knorrig dat die ander monsters sukkel om met hom huis te hou. Denver en Meyer probeer uitvind wat skort. 
En in Hollywood-mummie droom Toets van 'n loopbaan as silwerdoek-ster - maar dis glad nie so maklik om 'n Hollywood-aktrise te word as jy 'n mummie is nie.
Die eerste twee titels, Die groen hand en Vampierfoto's, is reeds op die rakke.

No comments:

Post a Comment