Dis duidelik weer eisteddfod-tyd! Ek word die afgelope paar dae oorval deur ouers wat wil weet of ek asseblief vir hulle spesifieke gedigte per e-pos kan aanstuur sodat hul kinders dit kan voordra.
Ongelukkig kan ek dit nie doen nie. Daardie deel voorin ’n boek waarin daar staan geen gedeelte van die publikasie mag gekopieer of op enige manier gereproduseer word sonde die skriftelike verlof van die uitgewers nie, is ook op die skrywer van toepassing. As ek e-poskopieë aanstuur, sny ek nie net my eie keel af nie, maar ook dié van die uitgewer wat duisende en duisende rand daarin belê om my gedigte in die eerste plek gepubliseer te kry sodat kinders dit kan lees en dit beskikbaar is vir gebruik by plekke soos kunswedstryde. Die enigste manier hoe ek (en ander skrywers) kan voortgaan om Afrikaanse kinderverse en kinderboeke te skryf, is as mense die boeke koop.
Om dit makliker te maak, hiermee die lys van gedige wat in my drie bekendste bundels verskyn. Al drie boeke is beskikbaar by boekwinkels of direk van LAPA Uitgewers, tel. (012) 401 0700 of www.lapa.co.za. Indien jy die boek baie dringend benodig, kan jy met LAPA probeer reël dat hulle dit (teen ekstra koste) vir jou spoedpos stuur. Ek maak telkens ’n asterisk (*) by die titels van die rympies wat ek weet gewild is by eisteddfods, of wat na my mening lekker daarvoor kan werk.
Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies
My boetie is ’n alien*
Skottelgoed is gevaarlik*
Woordeboek
My rekenaar is olik
Meerkat*
Vraagteken*
Vollemaandag*
Die Goeie Vee*
Hompie Kedompie
Mary het ’n lammetjie
Slaap, kindjie, slaap
Haaie
Hoe smaak die see?*
Die aarde is rond soos ’n piesang
Tekkies
Drake hou van suigstokkies
Spoke gril vreeslik
Was agter jou ore
Trol
Is jy die mooiste monster?*
Wurms met tamatiesous*
Die Kruiper
Rilrestaurant*
Spooktrein*
Nagmerrie
Die Niks*
Moenie jou medisyne drink nie*
Breuke kan nie breek nie*
Mielies het nie maniere nie
Eier vir ontbyt
’n Ongeluk
Mossies voel vere
Frederik de Waardt
Wegloopneus*
Klikbek
Klara Klakous
Kry vir jou ’n dinosourus*
Buffel in die bad*
Selfoon*
Koop vir my ’n motorfiets*
Erdvark
Vlakvark
’n Vark in die toilet
Soen
TV-slaaf
Hoendertande*
’n Fluks slang
Tongknopers
Slange
Brommerpraatjies
Lief
’n Brulpadda in my tas
’n Walvis in my sop
Varkies
Narre*
Ek skaam my morsdood*
Vreemde vrae
My ma se varsgebakte brood
Kinderspeletjies*
Stootskraper
Te laat*
As die monsters partytjie hou ...*
Hoe om jou eie monster te maak*
DracuDent*
Volmaan-sjampoe*
Speelgoedtande*
Professor Polter se Skool vir Suksesvolle Spoke*
Portret van die meisie sonder naam
Jan
Pampoenspook*
Die monstertoilet*
Koerantopskrifte oor die Koms van die Blop uit die Buitenste Ruim
Die huis in Katjiepieringstraat*
Donkerlied*
As die see net nie so sout was nie ...
’n Brulpadda in my tas*
Moenie ’n padda soen nie*
SprokieGenoot
Haar probleem ’n haarprobleem
Kortsigtig
Eksklusief! Is appels dalk sleg vir jou gesondheid?
Spesiale aanbod!
Sulke varke!
Gesoek: Geoulokkies
Prinsesse gee my sooibrand*
Vallenteinskaarkie
Superheld*
Beste vriende
Wêreldreis*
’n Slegte idee
10 dinge om te doen as jy baie verveeld is ...*
Ongeskik
Twee rympies
My boetie dink hy’s Batman
Luislang, o, luislang*
My hond is mal oor boeke*
As goudvisse kon praat
’n Gevaarlike tuin
Pizza-liefde
Kliek!*
Woedebuie*
Die ergste marteling*
My boetie dink hy’s Batman*
My nuwe babasussie
Bankroof
Moenie die melk vergeet nie*
Lelike woorde
’n Riet word ’n fluit
Dôra, dôra
Party rympies
Die einde van ’n lastige vlieg
Vraag en antwoord*
Sal daar nog ysbere wees?*
Gister was ons klas by die akwarium en dis wat ek gesien het:
Gister was ons klas by die akwarium en dis wat die haai gesien het:
Die seerowerskool se klasrooster*
Windlawaai
My soort sport*
Dei boom derde van links*
Sowaar*
Nuwe skoolreëls*
Die langste halfuur op aarde*
Die kinders van vandag ...*
Die mensvreter-restaurant se spyskaart
Tarzan: Die einde*
Te koop*
ZombieMart*
Modderman*
Oppas vir daai plant*
Monster-asem*
Kulkunsie*
Ek het net gou 'n vraag
ReplyDeleteMy kind is in Graad 2 (dus 8 jaar oud)
Ek het jou gedig "As die see net nie koud was" gelees en gedink dit is moontlik gepas vir haar vir Eisteddfod - Vraag is egter : Jy merk dit nie as 'n gedig wat jy dink "werk" vir Eisteddfod nie - Waarom? Dink jy dit is te eenvoudig of hoe? Sy het nog elke jaar goed gedoen met EIsteddfod maar ek sukkel hierdie jaar met die keuse vir 'n gedig - Sy het eers Skilpad gedoen en toe Worsie - En hierdie jaar.... jong, mamma is heeltemal dom hierdie jaar en sukkel vreeslik
Hallo, Debbie
ReplyDelete'Skuus, ek het jou kommentaar vroeër misgelees. Ek dink die gedig kan werk vir 'n eisteddfod. Die gedigte wat ek gemerk het, is bloot dié wat ek weet gewild is by eisteddfods, of wat ek self op laerskool sou kies om voor te dra. My ervaring is dat die meer humoristiese gediggies gewoonlik die gewildste is. :-)
Ek hoop jy kom reg!
Jaco
Hallo ek is nou graad 9 en ons moet nou self gedigte kies en ek sukkel baie enige idees? :)
ReplyDeleteHi Jaco, is op soek na n gedig vir my graad een dogtertjie vir n kunswedstryd.
ReplyDeleteDankie, Jaco. Ek stem saam dat ons Afrikaanse digters en skrywers moet ondersteun. Ek is het ook nou 'n gedig nodig en gaan verseker een van jou boeke aanskaf.
ReplyDeleteHallo, Jaco
ReplyDeleteHier by Applewood Preparatory School in Grabouw, het ons Afrikaans Huistaal op die kaart gesit deur 'n liefde vir jou werk te kweek - hierdie Engelse bokkies en laaities verslint jou boeke! Ons wil graag vanjaar ook ' n spreekkoor byvoeg - enige idees vir 'n stuk werk wat ons kan gebruik vir Gr 7? Groete, Anneline Steyn
Wat sal die beste werk vir n graad R-gedig?
ReplyDeleteHallo Ek soek 'n gedig vir grad 7 (humoristies) maar sukkel vir 'n gepaste een in die graad?
ReplyDeleteDankie
Erna
Hi daar Jaco: Ek het reeds al 3 jou gedigte boeke gekoop, maar ek is nou opsoek na tiener gedigte, nie te ernstig nie, ek hat altyd van jou komiese lighartige gedigte gehou veral vir kinders. Maar vir Gr8 is dit nie meer gepas nie. Kan jy my verwys na 'n naam van 'n boek of digter asb...
ReplyDeleteHi Jaco. my dogter is opsoek na jou Die babafoto gedig. Sal jy asseblief vir my sê waar ek hom sal kry. Baie dankie.
ReplyDeleteHi Jaco, jy is Amazing! Al 2 my kinders is mal oor jou boeke en gedigte. Dink ons het al jou boeke. My kinders is gr 4 en 6. Watter gedigbundel moet ons koop om gepaste gedigte vd Eistedfodd te kry. My seun doen ook die jaar n monoloog - kom gee my n soentjie! Jy is dus die held in ons huis.
ReplyDeleteHi Jaco... wil graag by jou hoor, is jy die skrywer van die gedig: Boem Bam Swiesj kadoef, kyk net waar trek daai boef...
ReplyDeleteHi Jaco... wil graag by jou hoor, is jy die skrywer van die gedig: Boem Bam Swiesj kadoef, kyk net waar trek daai boef...
ReplyDeleteHi Jaco, ek soek die woorde vir Is jy die mooiste monster. Waar kan ek dit kry??
ReplyDeleteHi Jaco, ek soek die woorde vir Is jy die mooiste monster. Waar kan ek dit kry??
ReplyDeleteHi Jaco, ek het 2 van jou boeke gekoop juis vir die doel vir my dogter se Eisteddfod. Dis awesome! Ek wil net hoor, wanneer ons op 'n gedig besluit, kan jy dak vir my indikasie gee oor waar sy moet beklemtoon en wag ensv?
ReplyDeleteHi Jaco. Het jy moontlik die woorde vir "Dr Apie krap sy kop. .."
ReplyDeleteHallo Jaco
ReplyDeleteIs dit moontlik dat jy die woorde vir Moenie die Melk vergeet nie met ons kan deel?
Kirstin, kvtpieterse@telkomsa.net
Kan iemand my groot asb help met n engels gedramatiseerde gedig, n engelse prosa gedig en n samespraak met humor vir graad 5 dogter groot asb? Of waar ek dalk dit in di hande kan kry?
ReplyDeleteHallo Jaco
ReplyDeleteWatter van jou boeke kan ek koop wat gedigte in het vir graad 2 om voor te dra? En het jy enige gedigte oor miere/goud/druppels?
Groete
Lizelle
Hallo Julle. Ek sal ook graag voorstelle vir Graad 9 gedigte wil hê asseblief? Groete Tessa
ReplyDeleteHi Jaco Jacobs, my dogter is 7 jaar oud en wil graag jou gedig : Eistedfod- stres doen by die jaar se eistedfod. Ek is net nie seker of dit 'n goeie idee is nie, maar sy dink dit is baie prettig. Enige raad?
ReplyDeleteIn watter boek is Zander Steyn asb
ReplyDeleteGoeie dag Jaco Jacobs. Ek wil graag jou hulp vra. My seun in graad 7 neem deel aan die jaar se Eistedford voordrag en gedramatiseerde voordrag. Hy is baie goed met stemtone maak en rolspel. Kan jy ons asb help met 2 gepaste gedigte groot asb? Ek het gedink aan die gedig facebook foto vir gedramatiseerde voordrag, maar nie seker of die gedig gepas genoeg gaan wees vir graad 7 leerder nie.
ReplyDeleteVriendelike groete
Wila
Hallo Jaco. Kan jy dalk jou gedig Groot meneer vir my epos? My kind het dit opgevoer in Graad 1 en ons kry dit nie nou nie. Groete Freddie fredvanniewen@gmail.com
ReplyDeleteHi Jaco,
ReplyDeleteHoop dit gaan goed. Ek is opsoek na n gedig vir gr 6 spreekkoor. Ons het eie keuse gekies maar ek opsoek na n lekker lag met goeie humor. Kan jy asb my help en dalk vir my epos wat jy voorstel. My epos is jess.eagleton@gmail.com
Ek het nogals dringend jou hulp nodig want ek is al raadop.
Lekker dag en hoop om gou van jou te hoor.
Groete
Hallo Jaco
ReplyDeleteMy kinders geniet ongelooflik baie jou boeke, en my seun het al verskeie eistedfodds gewen, waar Tarzan die Einde beslis 'n treffer was die jaar! Het jy enige dialoë en monoloë dalk? Ons is in 'n baie klein skool en ons ouers moet maar self die goed soek en hulle tou wysmaak. Ek hoor graag van jou.
Hallo Jaco, waar kry ek jou gedig "Tarzan se skool" in die hande? Wat is bundel se naam? Kan mens dit aanlyn bestel? Baie dankie.
ReplyDeleteHi Jaco, mag ek asb die woorde kry vir jou gedig 'Monster Masker'?
ReplyDeleteRinavisage2@gmail.com
Dankie baie
Groete
Rina
Ek is opsoek na gedigte en gedramatiseerde gedigte vir graad 7 seun.Maar hy soek iets met lekke humor in.Kan jy dalk help asb?
ReplyDeleteGoeie dag Jaco. Ek is opsoek na die gedig: Moenie jou medisyne drink nie.
ReplyDeleteEk het 'n rooikop meisie en sy het die gedig al een jaar voorgedra. Sy wil graag die gedig vir 'n klasopdrag gebruik indien moontlik. baie dankie.
Goeie dag Jaco, ek kort voorgeskrewe gedigte vir Gr 4 - Tema is boeke, het jy enige van jou bundels wat mens sal kan help. ek wil nie een van die boeke kry en dan is daar nie iets geskik vir die tema nie.
ReplyDeleteThis comment has been removed by the author.
ReplyDeleteWatter van die 3 bundels bevat eisteddfod-gedigte vir 13-jariges?
ReplyDeleteHello Jaco, ai waar is ons dae op Calvinia? Ek het 'n klein probleempie...ek is besig met beoordeling en ek is seker jy het die gedig Eisteddfodtyd (of so iets ek is nou nie seker van die titel nie) geskryf...jy weet die een waar die beoordelaars almal pienk swemklere aanhet. Ek het nou 'n kind gehoor wat die gedig voordra, maar 'n heel ander skrywer se naam daarby. Ek wil die onderwyser nou teregwys daaroor, maar wil net eers doodseker maak. Ek luister na soveel gedigte, jy sal my verskoon as ek nie nou weet nie. Baie dankie en grote. tilla diedericks.
ReplyDelete