VYF VRAE AAN FANIE VILJOEN
1. Kaptein Verdwyn is die nuutste in ’n hele rits boeke wat reeds uit
jou pen verskyn het. Maak die verskyning van ’n nuwe boek jou steeds opgewonde?
Ja, dis
altyd lekker om ’n nuwe boekbaba in die hande te hou. Wat lesers nie weet nie,
is dat alles wat ’n mens skryf nie altyd boeke word nie, daarom is elke boek ’n
groot genade.
2. Kan jy onthou wat die
vonk/inspirasie was waaruit die storie ontstaan het?
Om
onsigbaar te wees het my nog altyd gefassineer. Ek het selfs iewers nog ’n
koerantuitknipsel wat verduidelik hoe die weermag daarmee eksperimenteer. Ek
het die idee gebruik en dit saamgevoeg met selfoon-apps wat kinders vandag
ken.
3. Noem drie dinge wat jy sou
doen as jy ’n dag lank onsigbaar kon word.
Ek sal
in mense se huise gaan “spook” speel, inglip by die fliek en skoolboelies se
ore frommel.
4. Hoe
verloop jou dag? Het jy ’n vaste skryfroetine?
Ek lees
soggens die koerant aanlyn, drink koffie en begin dan skryf. Facebook bied
afleiding. Namiddag sal ek dalk aan ander skryfwerk aandag gee, soos die skryf
van artikels vir die Hoezit!-webblad, e-pos antwoord of admin doen. Ek probeer
ook om meer gereeld te skilder. Teen laatmiddag gaan ek gym toe. Ek is teen tienuur al in die bed met ’n boek.
Gaan
sit net op jou boude en begin skryf.
Besoek gerus Fanie se webtuiste: www.fanieviljoen.co.za
No comments:
Post a Comment